VERKOOP VAN EIENDOM SONDER 'N EIENDOMSAGENT
Hier is n goeie kopie wat ons gevind het in Property 24 kliek hier om meer te sien. As jy belangstel kontak vir Magda by:  079 852 1946 of 011 664 8812
Sien die video:
Hier is die groot voordeel: Verkoopskommissie van slegs 5% plus
BTW!
Hoe kan aktebesorgers 'n diens lewer vir so 'n lae kommissie? Want hulle maak gebruik van die nuutste
tegnologie , vermy verouderde tydrowende metodes, soos skouhuise, tyd en energie vermorsing met
ongekwalifiseerde kopers, vergesel van potensiële kopers na talle eiendomme, ens. Met ander woorde, soos
hulle in Engels sê: “By working smarter not harder”
Hier is die groot voordeel: Verkoopskommissie van slegs 5% plus BTW!
Voordele:
Jou prokureur is van die staanspoor betrokke, met die aanbied van regsleiding en advies gedurende die
hele proses
Slegs kontant - of vooraf gekwalifiseerde kopers word voorgestel
In plaas van vertoonhuise kan Virtual Reality Tour gebruik word - (dit is 'n video wat so realisties is, dat dit
is asof die kyker deur die huis kan loop). Vir 'n voorbeeld, besoek http://www.tour360.co.za/home-
sample.html
Nege eiendomswebportale word gebruik bv. Eiendom 24, Privaat Eiendom, IOL, Gumtree, ens.
Inligting van Lightstone is toeganklik wat help om 'n behoorlike waardasie te doen
Die koopooreenkoms word opgestel deur jou eie prokureur
Jy elimineer nuuskierige "window shoppers" wat graag jou eiendom wil sien, maar nie regtig belangstel
"Agentekommissie is te hoog", hoor ek mense sê. Jy verkoop 'n eiendom vir R1 miljoen en as die agente hul normale kommissie plus BTW hef, neem dit 'n hap van sowat R85 000.00 uit jou opbrengs.
Tog weet ek van baie eiendomsagente wat lang moeisame ure werk aan talle potensiële transaksies en aansienlike uitgawes aangaan voordat hulle kommissie verdien (waarvoor hulle boonop nog twee tot drie maande moet wag vir registrasie van oordrag) en wat sukkel om ‘n bestaan te maak uit die verkoop van eiendom.
Die probleem is dat die tradisionele metodes van eiendomsagente ondoeltreffend, arbeidsintensief en duur is.
Baie mense probeer hul eiendom sonder 'n eiendomsagent verkoop, wat wetlik toelaatbaar is, maar die sukseskoers van private verkopers is baie laag.
Is jy dan op die ou end aangewese op ‘n eiendomsagent? Nee, nie noodwendig nie.
Soos ek reeds vermeld het, is die tradisionele metode ondoeltreffend. Dit is inderdaad heeltemal verouderd.
Hoekom?
Omdat daar nie genoegsaam gebruik gemaak word van die internet en moderne tegnologie nie.
Daar word beweer dat die uitvinding van die internet die belangrikste innovasie is sedert die drukpers ontwerp is in die 15de eeu. Kenners sê dat tegnologie reeds oplossings bied wat die gebruik van tussengangers in vaste eiendom verminder.
Dus, as die tradisionele metode om eiendomsagente te gebruik, nie koste-effektief is nie, en as privaat verkoop gewoonlik nie goed werk nie, wat is die opsie wat nog oorbly?
Dit is waar Attorney Realtor Hub inkom. Prokureurs wat as aktebesorgers gekwalifiseer is, kan by die Hub aansluit en van die staanspoor af 'n professionele diens lewer wat baie meer koste-effektief is as die tradisionele manier. Prokureur Meyer de Waal sê: "Tegnologie kan nooit die menslike kontak vervang nie en dit is

VERKOOPPRYS

NORMALE KOMMISSIE

ATTORNEY HUB KOMMISSIE

BESPARING

R500 000

R42 750

R14 250

R28 500

R1 000 000

R85 000

R28 500

R56 500

R1 500 000

R128 250

R42 750

R85 500

R1 700 000

R145 350

R48 450

R96 900

R2 000 000

R171 000

R57 000

R114 000

R2 500 000

R213 750

R71 250

R142 500

R3 000 000

R256 500

R85 500

R171 000

R4 000 000

R342 000

R114 000

R228 000

R5 000 000

R427 500

R142 500

R285 000

R6 000 000

R513 000

R171 000

R342 000

R10 000 000

R855 000

R285 000

R570 000

R30 000 000

R2 265 000

R855 000

R1 710 000

waarom prokureurs wat eiendomme verkoop hulle regsopleiding, ondervinding en die benutting van die nuutste eiendoms tegnologie kombineer om doeldreffender te werk in the bemarking en verkoopsproses van eiendom. “Hy sê: Prokureurs wat van die HUB se middele gebruik maak, gebruik die nuutste tegnologie om verkopers en kopers baie meer waarde te bied in die "volle sirkel" van die verkope as wat tradisioneel die geval was. Al die rolspelers kan snags rustig slaap en weet dat hulle in betroubare, ervare en deskundige hande is, vanaf die tydstip wat die eienaar besluit om sy eiendom te verkoop, tot die tyd dat die koper as die nuwe eienaar in die aktekantoor geregistreer is."
Vir meer inligting, besoek www.attorneyrealtorhub.co.za