TRUST VIR FAMILIE VAKANSIEHUIS


Jy en jou broer of suster wil graag saam ʼn vakansiehuis aankoop.  Wat dit aantreklik maak is dat gesamentlike eiendomsreg die voordeel het van die poel van fondse en verdeling van uitgawes.  En as dit drie of vier families is wat saampoel, is daardie voordele soveel meer ʼn werklikheid.

Waar die “ paw-paw die fan slaan” is wanneer een van die groep nie meer deel daarvan wil wees nie, of te sterwe kom.   Die geneukery is dat normaalweg, ‘n breukdeel van die eiendomsreg dan verkoop moet word en in die geval van ‘n boedel kan dit gebeur dat oor 30 jaar daar 20 mede - eienaars is wat mekaar nie ken nie!

Die antwoord is om ‘n trust op te rig en ‘n prokureur te raadpleeg wat sal help om die trustakte op te stel en aanstelling van trustees so te reël dat elke familie ewewigtig behandel word. Die eiendom word dan deur die Trust aangekoop en daarna deur die Trustees bestuur.  Die Trustees sal dan normaalweg een persoon uit elke familie wees.

Trusts betaal nie meer (soos voorheen) addisionele heregte nie.  Die eiendom bly buite die boedel van ‘’n familielid en word dus ook nie gereken vir boedelbelastingdoeleindes nie.