GESAMENTLIKE TESTAMENT

Ons, die ondergetekendes

...................................................................................
en

...................................................................................
gades getroud binne/buite gemeenskap van goedere en huidiglik woonagtig te

.......................................................................

Herroep hiermee alle vorige testamente, kodisille and en enige ander testamentêre bemakings voorheen deur ons gemaak, en verklaar die volgende as ons laaste Testament.

A. TESTAMENT VAN DIE EERSSTERWENDE

Ons bemaak die boedel van die eerssterwende van ons aan die langslewende.

B. BEMAKING VAN LANGSLEWENDE

Indien die langslewende gade te sterwe kom sonder om ‘n verdere geldige Testament te maak, bemaak die langslewende sy of haar boedel aan ons kinders, of hulle afstammelinge staaksgewys.



C. GELYKTYDIGE AFSTERWE

Indien ons te sterwe kom in omstandighede waar dit nie vasgestel kan word wie die eerssterwende van ons is nie, dan bepaal ons dat Afdeling B van die Testament sal geld ten opsigte van ons onderskeie boedels.

D.   EKSEKUTEUR

Ons nomineer  ........................................................  as eksekuteur van die eerssterwende en die boedel van die langslewende van ons.

Ons bepaal dat dit nie nodig moet wees vir ons eksekuteur om enige sekuriteit te verskaf aan die Meester van die Hoërhof nie.


Onderteken te  .................................................. op hierdie  .............  dag van ..................................................
in die teenwoordigheid van die ondertekende getuies, almal terselfdertyd teenwoordig.

                                                                                                                            


ENKELPERSOON TESTAMENT



Ek, die ondergetekende,

.............................................................................

Identiteitsnommer .................................................

Tans woonagtig te ...............................................................................................                  


Herroep hiermee alle vorige testamente, kodisille en enige ander tetamentêre bemakings voorheen deur my gemaak, en verklaar die volgende as my laaste Testament.


BEMAKING

Ek benoem ............................................................................... as enigste erfgenaam van my boedel, roerende sowel as onroerende bates, niks uitgesluit.

BESKERMING

Dit is ‘n spesifieke bemaking van hierdie Testament dat enige erfenis wat enige begunstigde toekom, sowel as enige inkomste wat daaruit mag voortspruit, sal uitgesluit wees van die regsgevolge van ‘n bestaande of toekomstige huwelik binne of buite gemeenskap van goedere.

C.  EKSEKUTEUR

As Eksekuteur van my Boedel, benoem ek .................................................. . Ek bepaal dat dit nie nodig moet wees vir my eksekuteur om enige sekuriteit te verskaf aan die Meester van die Hoërhof nie.


Onderteken te                                           op hierdie                dag van                                     .........................................................  in die teenwoordigheid van die ondertekende getuies, almal terselfdetyd teenwoordig.                                                            
Laai hierdie dokument  hier af
Laai hierdie dokument  hier af