BEKOSBARE EGSKEIDINGS

 Eerste konsultasie (1 ½ uur plus maak van afskrifte van dokumente)

 R2000.00

Opstel van Skikkingsooreenkoms (insluitende maks van twee wysigings)

 R2000.00

Opstel van Dagvaarding en aflewering by Balju

R 2500.00

Balju se fooi Soos per Balju se rekening

 Soos per Balju se rekening

 Hofbywoning. Indien verhoor uitgestel word, sal normale tariewe geld vir elke opvolgende hofbywoning.

 R1500.00

Fooi vir werk nie hierbo aangedui

 R350.00 per 15 min.

*BTW moet bygevoeg word

 

Ek is ‘n Christen prokureur en my hart is dat partye waar moontlik, hulle bes moet doen om te versoen.

Egskeiding is gewoonlik erg traumaties vir beide partye, en as daar kinders is, ook vir hulle. Sielkundiges sê dat die seerkry is feitlik van dieselfde graad en intensiteit as met die afsterwe van jou lewensmaat.

Ons respekteer ons kliёnte se vrye wil en besluitneming in hierdie konteks. Dus, as een of albei nie belangstel in ‘n poging tot versoening nie, dan gaan ons voort met die egskeiding.

Nietemin, bied ons ‘n unieke en bekostigbare diens aan. Dit is ‘n mentorskap – mediasie om die partye wat dit verlang, te help om (dalk ‘n laaste poging) tot ‘n verstandhouding te kom en die huweliksbootjie van die rotse af te kry. Terloops, afgesien van my regskwalifikasies, het ek ook ‘n Meestergraad in teologie waar my verhandeling hieroor gegaan het.  Ek is veral passievol om Christene te help om vanuit ‘n Christelike perspektief deur die proses te gaan. Ek kan getuig van gevalle waar dit suksesvol was.

Mentorskap-mediasie
Albei partye moet toestem tot die proses. Die doel daarvan is om die geskilpunte te identifiseer, saam oplossings te soek en aan die einde ‘n skriftelike ooreenkoms op te stel waar die oplossings gestipuleer word en deur albei onderteken word.  Elkeen gaan ‘n regverdige kans kry om sy/haar saak te stel sonder onderbrekings (behalwe vrae ter opheldering deur die bemiddelaar).  Wat gesê word, word vertroulik hanteer, en sou daar tog later egskeidingstappe kom, mag dit nie gebruik word in die skeisaak nie.

Die mentorskap-mediasie kan na-ure gereёl word of op ‘n Saterdagoggend, maar dan is die fooi 15% hoёr as gewoonlik.

Die fooie wat ek vra (vir sessies gedurende kantoorure) is ongeveer twee derdes van wat gevra word vir ‘n egskeidingsaak. Gewoonlik deel die partye die fooie, maar hulle kan anders onderling ooreenkom.

‘n Deposito van R2  500 bied die volgende:

Skriftelike uiteensetting van die mentorskap-mediasie proses.
Die reёls wat sal geld.
Twee aparte konsultasies van 30 minute elk met elkeen van die partye of 1 uur gesamentlik met  albei partye (kantoor ure of na ure).
‘n Verdere gesamentlike sessie of sessies van 2 ure (kantoor ure of na ure).
Daarna word fooie gehef ten R250 plus BTW per 15 minute gedurende kantoorure en R290 plus BTW vir dieselfde tyd gedurende na ure.
Egskeiding
My uitgangspunt is om die egskeiding so pynloos, so goedkoop en so vinnig as moontlik afgehandel te kry. Ons gaan nie onnodig konflik aanjaag om ons kliёnt te “melk” met hoёr fooie nie.
Daar is verskeie gronde vir egskeiding in ons reg. By verre is die mees algemene grond die onherstelbare verbrokkeling van die huwelik. Gewoonlik is dit nie die geskilpunt nie. Waaroor meestal swaarde gekruis word, is die verdeling van bates,  die verblyf van en toegang tot die kinders en onderhoud.
Ons fooie vir egskeidings is soos volg:
‘n Egskeiding sal nie as onbestrede beskou word nie as:
1. Die verweerder (ander party) sy/haar eie prokureur aanstel;
2. Die verweerder weier om te skik na twee wysigings van die skikkingsoooreenkoms; of
3. Die verweerder weier om saam te werk.
Die fooi waar die egskeiding bestrede is, is R350 (plus BTW) per 15 minute.

Afspraak
Indien u ‘n afspraak wil reёl, skakel 011 664-8812 en praat met Hilda. Meld of u ‘n egskeidingsaak of mentorskap-
mediasie wil begin (of enigeen van die twee indien u nog onseker is) en gee u naam en kontakbesonderhede.  Kry ons
bankbesonderhede en ‘n verwysingsnommer, maak elektroniese deponering van R2 500. Dan stuur u bewys daarvan na
ons kantoor en skakel weer om u afspraak te finaliseer.  

                                                                                      ***
For English Click Here